Jeugleier vereer met Britse toekenning

Lees ook :

Tracey Malawana

Suid-Afrika herdenk hierdie jaar 50 jaar sedert die geskiedkundige Soweto-opstand van 16 Junie 1976.

Vanjaar vier Suid-Afrika Jeugmaand met die tema RESET@50 – The Future Calls. Die I_Menstruate Movement plaas klem op die blywende nalatenskap van jongmense as dryfvere van sosiale transformasie.

Gedurende die 2026 Jeugmaand is die stigter en uitvoerende direkteur van die I_Menstruate Movement, Tracey Malawana, bekroon met die Queen Elizabeth II Commonwealth Trust (QECT) – Global Young Leaders Award.

Die toekenningsgeleentheid het tydens koning Charles III se verjaarsdagviering op 10 Junie 2026 plaasgevind.

Aangebied deur die Britse Hoë Kommissaris in Suid-Afrika, Antony Phillipson, het die geleentheid by die Britse Hoë Kommissariaat in Pretoria plaasgevind. Verskeie prominente politieke, kulturele en intellektuele figure het die geleentheid bygewoon.

Malawana het ‘n kaftan gedra wat versier is met die gesigte en plakkate van die studente wat in 1976 betoog het.

Die toekenning is vernoem  na wyle koningin Elizabeth II en dit herinner ons aan haar woorde: “Dit was nog altyd maklik om te haat en te vernietig. “Om te bou en te koester, is baie moeiliker.”

Onder die RESET@50-tema wil die I_Mensturate die klem daarop plaas dat ‘n onderwysstelsel in die toekoms ’n kritiese rol sal speel om jongmense te bemagtig. Dit is, volgens hulle ook belangrik vir jongmense om hul eie liggame te verstaan en lief te hê.

Hulle vorm die toekoms waarin ons almal gaan leef, is die duidelike boodskap wat I-Menustruate aan Suid-Afrikaners bring.

Ter afsluiting vra die organisasie dat die generasie jongmense van vandag nie net gehoor moet word nie, maar gesien, gevoel en ondersteun word.

Bron: I_Menstruate

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief