Joshlin Smith: Saak teen vier beskuldigdes weer uitgestel

Lees ook :

Foto's: Primêre Skool Diazville en Lesweene Weene Alexander Facebook-blad

WES-KAAP. – Die saak teen Racquel Chantel Smith (Kelly) (33), Jacquen Rowhan Appolis (31), Steveno Dumaixio Duwayne van Rhyn (27) en Lourentzia “Renz” Lombaard (32) vir hulle beweerde aandeel in die verdwyning van Joshlin Smith (6), is weer vanoggend uitgestel.

Die beskuldigdes het vanoggend in die beskuldigdebank in die Vredenburg-landdroshof gestaan nadat hulle die jong meisie glo vir R20 000 verkoop het. Sy het op 19 Februarie uit Saldanhabaai verdwyn. Die ondersoek om Smith op te spoor, duur voort.

Uitstel in die saak is vir verdere ondersoek tot 15 Julie uitgestel.

Nuusflits het voorheen soos volg berig:

Die ondersoek na die verdwyning van die vermiste Joshlin Smith (6), wat reeds op 19 Februarie uit Saldanhabaai verdwyn het nadat sy glo vir R20 000 verkoop is, duur voort.

Kapt. Frederick van Wyk het aan Nuusflits bevestig alle leidrade word opgevolg in ‘n poging om die jong meisie te kry.

“We are not at liberty to provide a detailed account of current investigations as this can potentially hampers ongoing investigation.”

Enigiemand met inligting word versoek om die polisie overwyld te nader.

Daar is steeds ‘n beloning van R1 miljoen op die spel wat deur Gayton McKenzie, die leier van die Patriotic Alliance, vir die opspoor van Joshlin beskikbaar gestel is.

Die vyf verdagtes wat in die saak in hegtenis geneem is, kom weer op aanklag van mensehandel vir uitbuiting en ontvoering op 13 Mei in die Vredenburg-landdroshof voor. Racquel Chantel Smith (Kelly) (33), Jacquen Rowhan Appolis (31), Steveno Dumaixio Duwayne van Rhyn (27) en Lourentzia “Renz” Lombaard (32) het almal hulle borgaansoeke laat vaar.

Phumza Sigaqa is weens onvoldoende bewyse hangende die ondersoek vrygelaat.

Kelly Smith is glo weer swanger terwyl haar ander twee kinders in die sorg van familie is.

Polisieminister Bheki Cele het reeds aangedui die soektog het internasionaal uitgebrei.

Bronne: Ashley Rix, EJ Breakingnews en Justice for Rev. June Dolley Major and for All Victims/Survivors of Abuse 

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief