WES-KAAP. – Kaapstad se nooddienste is Woensdagaand behoorlik op die proef gestel toe ’n dramatiese voorval by Kaapstad Internasionale Lughawe afgespeel het.
’n Airbus A350 van British Airways, op pad na Londen, moes sowat twee uur ná opstyg terugkeer ná rook in die kajuit opgemerk is. In wat as ‘n drama wat besig was om te omvou, beskryf is, het Kaapstad Internasionale Lughawe Woensdagaand nooddienste in die stad getoets.
JP Smith, DA-raadslid en burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit, sê ’n Airbus A350 van British Airways moes sowat twee uur ná opstyging op pad na Londen terugkeer ná rook in die kajuit opgemerk is. Vlug 58 is omgedraai en is terug na Kaapstad-lughawe waar nooddienste op ‘n gereedheidsgrondslag was.
“Die Stad Kaapstad se brand-en-redding-span is as deel van die fase 2-noodreaksie ontbied. Vier groot brandpompe is op bystand geplaas om die situasie te ondersteun. Die vlieëniers kon die enjin en brandstofstelsel suksesvol afsluit nadat die vliegtuig veilig op die aanloopbaan geland het. Die vliegtuig is onder begeleiding na ’n parkeerarea geneem, waar passasiers van boord gegaan het.
Smith sê die Stad se brand- en-reddingsdienste het op die toneel gebly totdat die fase 2-noodgeval amptelik afgehandel is.
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]





