WES-KAAP. – Beweerde kapers het met ‘n skok tot stilstand gekom toe hulle Donderdag die hoogtelimiet van die Muizenberg-treinbrug ignoreer het.
Alderman JP Smith sê die twee verdagtes het die afleweringsvoertuig teen ‘n spoed gery en die flitsende waarskuwingstekens by die brug geïgnoreer. Die agterkant van die voertuig het die brug getref. Met impak is die stuurkajuit gelig en aan die onderkant van die brug vasgeslaan. Beide die insittendes is in die windskerm vasgegooi. Die twee insittendes het eers aan die kant van die pad gesit en toe in verskillende rigtings gehardloop. Een het na ‘n wegkommotor gevlug. Die ander verdagte het in die rigting van Strandfontein gevlug, maar is deur ‘n plaaslike veiligheidsmaatskappy aangekeer.
Daar is vasgestel die voertuig is glo vroeër in Oceanview gekaap.
Op die windskerm van die voertuig is merkers van die polisieskut gevind, wat aandui die voertuig is voorheen gekaap en teruggevind.
Smith sê goederevoertuie word steeds deur kriminele sindikate geteiken.
“Goods vehicles continue to be targeted by criminal syndicates, already our services respond regularly to such occurrences and have recovered numerous vehicles. Recently our SSIU received information of a location in Airport Industria where such stolen goods were being kept and after raiding the premises, was able to recover several consignments that were taken during various hijackings.”







