GAUTENG. – Divann Lamprecht, ‘n gr. 11-leerling van Hoërskool Kempton Park, is Donderdagoggend oorlede, waarna sy organe geskenk is. Hy en Johann Lamprecht, sy pa, het vyf maande gelede sy ma aan kanker verloor.
Dit oorsaak van Divann se afsterwe is nie bekend gemaak nie, maar in kommentaar onder die skool se plasing op sosiale media het Yvette Gerber laat blyk sy hart het vermoedelik gaan staan en hy het inmekaargesak.
Die skool, waar Divann ‘n veelsydige leerling was en vele toekennings ontvang het, het sy afsterwe op sosiale media bekend gemaak: “Dit is met diep hartseer dat ons moet meedeel dat een van ons leerders, Divann Lamprecht (gr. 11), vanoggend oorlede is. Ons gedagtes en innige meegevoel gaan aan sy pa Johann, familie en vriende. 𝘝𝘳𝘦𝘥𝘦 𝘭𝘢𝘢𝘵 𝘌𝘬 𝘷𝘪𝘳 𝘫𝘶𝘭𝘭𝘦 𝘯𝘢, 𝘮𝘺 𝘷𝘳𝘦𝘥𝘦 𝘨𝘦𝘦 𝘌𝘬 𝘷𝘪𝘳 𝘫𝘶𝘭𝘭𝘦. 𝘋𝘪𝘦 𝘷𝘳𝘦𝘥𝘦 𝘸𝘢𝘵 𝘌𝘬 𝘷𝘪𝘳 𝘫𝘶𝘭𝘭𝘦 𝘨𝘦𝘦, 𝘪𝘴 𝘯𝘪𝘦 𝘥𝘪𝘦 𝘴𝘰𝘰𝘳𝘵 𝘸𝘢𝘵 𝘥𝘪𝘦 𝘸ê𝘳𝘦𝘭𝘥 𝘨𝘦𝘦 𝘯𝘪𝘦. 𝘑𝘶𝘭𝘭𝘦 𝘮𝘰𝘦𝘵 𝘯𝘪𝘦 𝘰𝘯𝘵𝘴𝘵𝘦𝘭𝘥 𝘸𝘦𝘦𝘴 𝘯𝘪𝘦, 𝘦𝘯 𝘫𝘶𝘭𝘭𝘦 𝘮𝘰𝘦𝘵 𝘯𝘪𝘦 𝘣𝘢𝘯𝘨 𝘸𝘦𝘦𝘴 𝘯𝘪𝘦. Johannes 14:27 Rus sag, Divann.”
Derona Academy Private School het ook medelye betuig en sê: “Vanoggend het ons harte saam met ’n dapper vader gebreek toe hy vir ’n laaste keer agter sy seun aangestap het tydens ’n Walk of Heroes by Arwyp-hospitaal in Kempton Park.” – With Deepest Sympathy from Derona Academy. This morning, our hearts broke alongside a brave father as he walked behind his son for a final time during a ‘Walk of Heroes’ at Arwyp Hospital in Kempton Park. Today, Divann Lamprecht became a true hero, giving the gift of life through organ donation. Just months after losing his beloved mother to cancer in February, Divann’s dad now faces the unimaginable grief of saying goodbye to his child. To Divann’s father: Words fall short, but please know that the Derona Academy family stands beside you in love, in sorrow, and in awe of the strength you’ve shown. You raised a remarkable young man whose legacy will live on in the lives he saved. May you find some comfort in knowing that Divann’s final act was one of pure compassion and courage. With love and deepest sympathy, The Derona Academy Family.”
Maryke Smith het Woensdag gesê: “Here ek dra vandag vir Johann Lamprecht en Divann Lamprecht aan U op. Waar Divann in ICU lê, en veg vir sy lewe. Here, U weet Johann moes sy vrou en Divann se mamma 5 maande terug aan kanker afstaan. Hulle is alreeds deur só baie. Here, hierdie is ʼn sonskynkind wat altyd ʼn glimlag op sy gesig het, altyd tyd het vir ʼn grappie en boonop SO talentvol is. Here, hou U hand van genesing oor hom. Verrig asb. ʼn wonderwerk in sy lewe. Ons eer, loof en prys U naam. Ons weet vir U is NIKS onmoontlik nie. AMEN”
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by nuus@nuusflits.com