Gaob Khoebaha Calvin Cornelius die derde, ’n selfgeproklameerde koning van die Khoisan, het ’n aansoek gedoen vir ’n hofbevel om die algemene verkiesing op 8 Mei 2019 stop te sit.
Cornelius se doelwit is om die verkiesing in die Oos-Kaap, Wes-Kaap en Noord-Kaap te stop. Volgens Briefly is Cornelius en sy volgelinge vasbeslote die drie provinsies behoort aan die Khoisan. Die groep het so ver gegaan as om die drie areas gesamentlik te hernoem na die Sovereign State of Good Hope. Hulle dwing daarop aan dat die grond terug aan hulle oorhandig word voordat die verkiesing mag voortgaan.
Volgens Eyewitness News word die geldigheid van Cornelius se status as koning deur ’n ander Khoisan-groep bevraagteken.
Die hoof van First Indigenous Nation of South Africa, Gregg Fick, het aan Briefly gesê Cornelius word nie as koning, of as die leier van die Khoi-Khoi- of San-bewegings erken nie. Fick het gesê hulle erken ook nie die Sovereign State of Good Hope nie.