Shannon Wong Fatt: Kimberley-matrikulant kry agt onderskeidings  

Lees ook :

Kimberley-matrikulant kry agt onderskeidings  
Kimberley-matrikulant kry agt onderskeidings  

Shannon Wong Fatt (18), ’n matrikulant aan Girls High School, is onlangs as een van die top-drie leerlinge in die Noord-Kaap aangewys.

As boorling van Kimberley het sy agt onderskeiding in Engels, Afrikaans, lewensoriëntering, wiskunde, fisiese wetenskappe, lewenswetenskappe, rekeningkunde en musiek verwerf.

Shannon vertel sy sluit hierdie jaar by die Universiteit Stellenbosch aan en gaan medies studeer.

“Ek wil ’n dokter word, want toe ek grootgeword het, was baie mense in my gesin siek of in pyn en ek kon niks doen om hulle te help nie. Ek wil dus in die toekoms ander mense kan help.”

In haar vrye tyd speel sy graag vier musiekinstrumente, skaak en spandeer tyd saam met haar familie.

“My grootste rolmodel is my fisiese wetenskappe-onderwyser by Kimberley Girls High School. Haar naam is mev. Hwenhira. Sy is my rolmodel, want al was onderrig nie haar eerste keuse nie, het sy altyd soveel moeite gedoen. Sy was altyd gereed om ons dag op te helder en sy was net iemand op wie ek altyd kon staatmaak.”

Shannon sê sy wil oor vyf jaar bekostigbare gesondheidsorg voorsien aan mense wat dit nodig het.

“Ek sien baie daarna uit om bekostigbare gesondheidsorg te verskaf aan mense wat dit nodig het nadat ek my graad verwerf het.”

Volg FiND iT op Facebook hier en lees meer artikels hier.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief