Kind in kitskosrestaurant-deurry doodgeskiet

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

GAUTENG. – ‘n Kind (6) is Vrydagaand tydens ‘n gewapende roof by McDonald’s in Brickfield, Meadowdale, se deurry doodgeskiet.

Col. Dimakatso Nevhuhulwi sê twee verdagtes het na bewering die kitskosrestaurant ingegaan en ‘n onbekende bedrag geld geroof. ‘n Derde verdagte, wat glo die wegkommotor bestuur het, het ‘n motor met ‘n pa, ma en ‘n seun by die deurry genader en van persoonlike besittings beroof. Voordat hy hulle beveel het om weg te ry, het hy ‘n skoot na hulle motor geskiet. Onderweg huis toe het die egpaar besef hulle seun is raakgeskiet en het met hom na ‘n hospitaal gehaas, waar hy dood verklaar is.

Nevhuhulwi sê ‘n saak van moord en sakeroof is geopen. Nog geen inhegtenisnemings is gemaak nie.

Die ondersoek duur voort.

Volgens ‘n verklaring van Bedfordview GPF het die insident na 22:00 gebeur. Die verdagtes het glo met geld van die restaurant gevlug. Die kitskosrestaurant was Saterdag gesluit sodat werknemers traumaberading kon ontvang.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief