Kindermoordenaar gevonnis

Lees ook :

Foto: NVG

GAUTENG. – Sara Phethe Simiao (25) is deur die hooggeregshof tot twee keer lewenslank vir die verkragting en moord op Amantle Samane (6) gedurende Oktober 2024 in Orlando-Oos gevonnis. Nog twee jaar gevangenisstraf is vir ontvoering en nog twee jaar vir die oortreding van die immigrasiewet bygevoeg.

Phindi Mjonondwane, NVG-woordvoerder, sê in ‘n verklaring Amantle het spoorloos verdwyn, waarna haar ma saam met die gemeenskap na haar gesoek het. ‘n Getuie het Simiao saam met die kind sien loop en omdat hulle nie aan mekaar verwant was nie, het hy die inligting gedeel. Amantle se liggaam is halfnaak en leweloos in ’n shack gevind. Kapt. Moses en sy span het Simiao op 23 Oktober in Zola, Soweto, opgespoor en in hegtenis geneem.

Tydens vonnisoplegging het die beskuldigde ter versagtende omstandighede skuldig gepleit. Zamikhaya Staffa en Matshediso Phatlanyane, staatsadvokate, het egter aangevoer dat die erns van die misdade, die slagoffer-impakverklaring en die emosionele getuienis van die kind se moeder die swaarste straf regverdig. Die hof het saamgestem en beslis dat Simiao se pleit nie uit opregte berou was nie, maar ’n poging om straf te ontduik. Sy dade is as wreed en berekend beskryf.

Mjonondwane sê die vonnis word verwelkom omdat dit ’n sterk boodskap stuur dat oortreders van geslagsgebaseerde geweld en geweldsmisdade teen kinders ten volle aanspreeklik gehou sal word.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief