Kindermoordenaar gevonnis

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

NOORDWES. – Die kindermoordenaar Itumeleng Mbombo (21) is Dinsdag deur die Atamelang-streekshof tot 15 jaar gevonnis nadat hy sy meisie se seun, Gosiame Ferris (8), doodgemaak het.

Brig. Sabata Mokgwabone sê Mbombo is dadelik op 22 Augustus 2023 in hegtenis geneem toe Delareyville-polisie na die toneel ontbied is waar Ferris in ‘n vlak graf begrawe is. Die graf is buite ‘n shack in Sonderwater-seksie, Vrisgewacht-woonbuurt gevind. Die nadoodse ondersoek het bevind die seun is verwurg voordat hy begrawe is.

Buiten tronkstraf is Mbombo onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief