Kindermoordenaar wat meisies lewendig begrawe, lewenslank toegesluit

Lees ook :

Foto's: Women For Change

Lees ook hier.

WES-KAAP. – Timothy Michael Ova (54), ‘n kindermoordenaar, is vir die moord op Sharon Arries (9) en Jacorene Vaaltyn (9) deur die hooggeregshof in George tot twee keer lewenslank gevonnis. Die meisies het sand in hul monde en neusgate gehad en het versmoor.

Eric Ntabazalila, woordvoerder vir die NVG, sê die hof het Ova nog verder tot twee maande direk vir die besit van ammunisie, vyf maande direk vir regsverydeling en ses maande vir onsedelike aanranding op sy niggie, 24 jaar gelede, gevonnis. Die vonnisse sal gelyktydig uitgedien word, wat beteken hy sal lewenslank sit. Hy is ook onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit.

Ova is op 27 Februarie skuldig bevind op aanklag van twee moorde, die onwettige besit van ammunisie en regsverydeling.

Die minderjarige meisies het op 21 September 2022 vermis geraak waar hulle volgens ooggetuies voor Ova se erf gespeel het. Hulle het nie die aand by hulle huise opgedaag nie. ‘n Soektog is geloods en Ova het ontken dat hulle by sy huis was. Terwyl hy nooit tydens die soektog na die meisies gehelp soek het nie, het hy die twee se ma’s koeldrank en sigarette aangebied en hoop uitgespreek dat die meisies gevind word.

Die meisies se liggame is ‘n dag later in Ova se huis in Jan Fiskaalstraat 16 in Theronsville, Albertinia gevind.

Altesaam 28 getuies het in die hof getuig.

“Judge Mathew Francis convicted Ova, finding that he had shown no remorse and was incapable of appreciating the devastating consequences and impact of his actions on the deceaseds’ family and the community. Judge Francis also found that without accepting his guilt or fully appreciating his actions’ consequences, the prospects for rehabilitation were remote. Judge Francis told the accused that society was crying out for a strong message to be sent to perpetrators of gender-based violence and the murder of children, and to would-be perpetrators of crime. He found nothing in the pre-sentencing report or in any submission that persuaded the court to deviate from the prescribed minimum sentence in respect of the murders. He also found no evidence that supports or sustains a plea for mercy.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief