Kinderverkragter skuldig nadat meisie (11) in kompleks oorval word

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

GAUTENG. – Prayer Kgatle (30) is deur die Pretoria-Noord-landdroshof skuldig bevind aan verkragting nadat hy op 18 Oktober 2023 ‘n 11-jarige meisie verkrag het, waar hy in ‘n Annlin-kompleks ingebreek het.

Lumka Mahanjana, NVG-woordvoerder, sê in ‘n verklaring Kgatle is skuldig aan inbraak met die doel om te verkrag, seksuele aanranding, roof en diefstal. Kgatle het op die betrokke datum die kompleks betree en deur ‘n oop venster van ‘n eenheid geklim en ‘n sak gesteel. Hy is na nog ‘n eenheid waarvan die deur ‘n fout gehad het. Hier het ‘n minderjarige meisie ondersoek ingestel nadat sy ‘n geluid gehoor het en haar in Kgatle vasgeloop. Sy is beveel om na die badkamer toe te gaan waar hy haar seksueel aangerand en verkrag het.

Mahanjana sê die jong meisie kon daarin slaag om Kgatle se aandag af te trek, waarna sy na ‘n ander eenheid gehardloop en ‘n vrou gevra het om haar ma te bel. Kgatle het agtergekom die kind is weg en het probeer ontsnap, maar is deur ‘n manlike inwoner gejaag en aangekeer. Die polisie is ontbied en hy is op die toneel in hegtenis geneem.

Kgatle het op diefstal van die sak in die eerste eenheid skuldig gepleit, omdat hy die klere in die sak wou hê. Hy het egter op die res van die aanklagte onskuldig gepleit en het gesê die kind is geleer om te sê dat sy verkrag is. Hanlie du Preez, die staatsaanklaer, het egter deur bewyse en getuienis haar saak teen Kgatle bewys.

Landdros Piet Nel het tydens vonnisoplegging gesê die kind en ander getuienis is betroubaar bevind en Kgatle se weergawe van gebeure, waartydens hy homself weerspreek het, as ongeloofwaardig bestempel.

Mahanjana sê die NVG verwelkom die skuldigbevinding. Die saak is vir vonnisverrigtinge tot 20 Oktober uitgestel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief