Kliniek na ‘verkragting’ tans vir diens gesluit

Lees ook :

Foto: Departement van Gesondheid (Bophelong)

LIMPOPO. – Die Chuene-kliniek, waar twee verpleegsters glo Vrydagoggend vroeg beroof, ontvoer en verkrag is, is vir die naweek nog vir diens aan die gemeenskap gesluit.

Die departement van gesondheid het die aankondiging op sosiale media gemaak. Lede van die gemeenskap wat mediese hulp nodig het, word aangeraai om buurklinieke soos Maja, Soetfontein en Unit B te besoek. Die departement sal die gemeenskap in kennis stel wanneer die kliniek weer vir diens heropen sal word.

Verskoning is vir die ongerief gevra.

Lees meer hier:

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief