LIMPOPO. – Die Chuene-kliniek, waar twee verpleegsters glo Vrydagoggend vroeg beroof, ontvoer en verkrag is, is vir die naweek nog vir diens aan die gemeenskap gesluit.
Die departement van gesondheid het die aankondiging op sosiale media gemaak. Lede van die gemeenskap wat mediese hulp nodig het, word aangeraai om buurklinieke soos Maja, Soetfontein en Unit B te besoek. Die departement sal die gemeenskap in kennis stel wanneer die kliniek weer vir diens heropen sal word.
Verskoning is vir die ongerief gevra.
Lees meer hier: