OOS-KAAP. – Konst. Callan Andrews (29) van Gelvandale-polisiestasie is op Oujaarsaand doodgeskiet toe hy ‘n onklaar polisievoertuig aan die brand probeer stoot het. Nóg twee verdagtes (27) is Maandag gearresteer.
Adj. off. Ndiphiwe Mhlakuvana van die Valke sê ‘n 18-jarige kon nie aan die moord verbind word nie en is laat gaan. Die huidige twee verdagtes is op aanklag van polisiemoord en roof van ‘n staatsvuurwapen in hegtenis geneem. Andrews het volgens Mhlakuvana ‘n klagte ondersoek, waarna hy van sy dienspistool beroof en daarna noodlottig gewond is. Alhoewel Andrews na ‘n hospitaal gehaas is, is hy dood verklaar.
Die verdagtes verskyn vandag vir die eerste keer op aanklagte in die New Law-landdroshof.
Die ondersoek duur voort.