Konstabel se moord – verdagte laat gaan, nóg verdagtes vas

Lees ook :

Foto: Brett Andrews Facebook-blad

OOS-KAAP. – Konst. Callan Andrews (29) van Gelvandale-polisiestasie is op Oujaarsaand doodgeskiet toe hy ‘n onklaar polisievoertuig aan die brand probeer stoot het. Nóg twee verdagtes (27) is Maandag gearresteer.

Adj. off. Ndiphiwe Mhlakuvana van die Valke sê ‘n 18-jarige kon nie aan die moord verbind word nie en is laat gaan. Die huidige twee verdagtes is op aanklag van polisiemoord en roof van ‘n staatsvuurwapen in hegtenis geneem. Andrews het volgens Mhlakuvana ‘n klagte ondersoek, waarna hy van sy dienspistool beroof en daarna noodlottig gewond is. Alhoewel Andrews na ‘n hospitaal gehaas is, is hy dood verklaar.

Die verdagtes verskyn vandag vir die eerste keer op aanklagte in die New Law-landdroshof.

Die ondersoek duur voort.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief