Brekende Nuus
Afrikaans

Kouefront op pad vir Noord-Kaap en Wes-Kaap

Kouefront op pad vir Noord-Kaap en Wes-Kaap
fotokrediet: SAWD
Kouefront op pad vir Noord-Kaap en Wes-Kaap fotokrediet: SAWD

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het gewaarsku die Noord-Kaap en Wes-Kaap kan vanaf vandag ’n kouefront te wagte wees.

Lees ook: Twee kouefronte vir dié week voorspel

Koue, nat en winderige weer word vir die twee provinsies voorspel.

Dit is die tweede kouefront wat dié week die land tref.

Reën is vir dele van die Wes-Kaap, Noord-Kaap en Oos-Kaap voorspel met moontlike sneeu in dele van die Oos-Kaap.

Mense word herinner om die weer dop te hou vir enige verandering.

Bronne: SAWD

Lees ook: Twee kouefronte vir dié week voorspel