Kyk: Affie-ouers sing matrieks op laaste skooldag hartroerend toe

Lees ook :

GAUTENG. – Die matriekouers van die Afrikaanse Hoër Meisieskool in Pretoria het hul dogters op die laaste dag van hul 2023-matriekjaar toegesing.

Die spesiale serenade, ‘n lied uit die musiekblyspel Mamma Mia genaamd My Love My Life, afgewissel met Die Seën, het volgens die video duidelik emosie in die eksamenlokaal ontlok.

Marna Jordaan, ‘n onderwyseres van die skool, het die oomblik as “prysloos” beskryf. Sy het al die betrokkenes wat die matriekleerlinge ondersteun het, bedank.

Die meisies verlaat na die serenade die eksamenlokaal sonder hulle skoolskoene wat geskenk word.

Lees haar volledige plasing hier onder:

Daar is geen geld wat ooit oomblikke soos hierdie sal kan koop nie. Hierdie spontane gebaar van die 2023-matriekouers sal my ewig by bly. Besef net opnuut hoe oneindig bevoorreg ek is om op hierdie stadium van my lewe te wees waar ek is. Alle eer aan die Skepper

Affie wees kan eenvoudig nie gedefinieer word nie, dit is ‘n leefwyse wat net beleef kan word. Slegs dan verstaan mens wat die “siel” van hierdie skool is. Die klas van 2023 het soveel liefde uitgestraal en ons almal opnuut daaraan herinner dat ons ‘n “familie” is.

Dankie aan elke ouer, broer, suster, ouma, oupa wat kom sing het, dit word opreg waardeer.

Juffrou Marna Jordaan 💙

Bron: Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief