Kyk: Alkoholmisbruik bring nie hierdie feestyd vrede nie

Lees ook :

Alkolholmisbruik raak tydens die feestyd 'n groot probleem. Foto ter illustrasie: Canva

SUID-AFRIKA. – Ondanks ‘n poging deur verkeersowerhede om vandeesmaand meer sigbaar op die land se paaie te wees, is daar steeds reeds 700 padsterftes sedert die begin van die feesseisoen aangemeld.

Bheke Cele, polisieminister, blameer grotendeels alkohol vir motorongelukke en voorvalle van geslagsgegrondegeweld. Daar is sover 2 500 persone vir die gebruik van alkohol in die openbaar in hegtenis geneem. Verder is daar 850 persone in arres vir dronk en wanordelike optrede in openbare areas.

Sindisiwe Chikunga, minister van vervoer, het ook haar kommer oor die invloed van alkohol op motoriste uitgespreek. Volgens haar gebeur die meeste padongelukke oor naweke.

’n Video van Inana-inwoners in Durban doen op sosiale media die rondte. In die video kan gesien word hoe talle mense deur die Dube Village-winkelsentrum hardloop om na bewering op Kersdag voor ’n drankwinkel in ’n tou te gaan staan en wag vir die winkel om oop te maak.

@ZANewsFlash het die video op Twitter gedeel:

Volgens Carrie De Jong van Recovery happens, misbruik die meeste mense alkohol of ander dwelmmiddels as ‘n oorlewingsmeganisme tydens stresvolle en pynlike situasies.

Bronne: EWN, ENCA, BNN, The Citizen, Recovery Happens

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief