KYK: Bewaringsbevel in DRK-ambassadebedrog verseker

Lees ook :

Foto's en video: NVG

GAUTENG. – Die batebeslagleggingseenheid van die NVG het ‘n bewaringsbevel vir meer as R43 m. in die hooggeregshof bekom.

Lumka Mahanjana sê die bevel is op 11 Maart ten opsigte van vier eiendomme en twee bankrekeninge wat aan brig. Ngoy Timothee Makwambo behoort, bekom. Makwambo was wat deur die Demokratiese Republiek die Kongo (DRK) as ‘n verdedigingsattaché aan Suid-Afrika toegewys.

Die DRK het ‘n bedrogsaak teen Makwambo aanhangig gemaak. Een van sy pligte wat deur die minister van verdediging in die DRK aan hom toegeken was, was om vuurwapens van die Denel-groep aan te koop. Denel is ‘n staatsinstansie gemoeid met innoverende verdediging, sekuriteit en verwante tegnologie-oplossings in Suid-Afrika. Die DRK het ‘n bedrag van R49.6 m. aan die Denel-groep oorbetaal, maar Denel kon nie die bestelling prossesseer nie en het gereël om die geld aan die ambassade terug te betaal.

Gedurende Desember 2022 is Makwambo van sy pligte onthef, maar hy het instede bedrieglik opgetree en Denel opdrag gegee om die betaling op 13 April in ‘n bankrekening wat aan Johan van Heerden-prokureurs behoort, in te betaal. Met ontvangs van die betaling het die prokureurs die geld in twee bankrekenings inbetaal. Die geld is glo toe gebruik vir aankope van eiendomme wat in Makwambo, Milleno Timothee Ngoy, Ngoie Glo-Glo Gloria (sy kinders) en ander individue in die DRK se name geregistreer is. Die vloei van die geld tot by die beskuldigdes is deur die ondersoek ontbloot.

Die bewaringsbevel is op 2 April bekom, waarna die balju, vergesel deur ‘n kurator en verteenwoordigers van die batebeslagleggingseenheid, die bevel op die persele gedien. Die persele is onder die beheer van Kurator Bonis en die volgende stap is om vir ‘n finale verbeurdverklaringsbevel aansoek te doen. Na die uitreiking van die bevel sal die eiendomme op openbare veiling verkoop word en die geld aan die DRK terugoorhandig word.

‘n Bewaringsbevel is deel van implementering van die batebeslagleggingseenheid se strategie om winste van misdaad aan die staat te verbeur.

Onder volg ‘n lys van die bankbesonderhede en eiendomme soos deur die NVG geïdentifiseer is:

  1. Nedbank account number 1129721604 in the name of The Defence Office of the Democratic Republic of Congo Embassy (there is R35 000 000.00 frozen as per the preservation order in this account).
  2. Nedbank Investment account number 690771369996 also in the name of The Defence Office Democratic Republic Congo Embassy (there is R224 765.38 frozen as per the preservation order in this account).
  3. Property known as 26 Beverley Hill Crescent, Centurion Golf Estate, Gauteng Province, and held in the name of Ngoy Timothee Makwamba.
  4. Property known as The Falcons situated at Eastwood 2, Erf 3 Kilberry, Pretoria, Gauteng Province and held in the names of Ngoy Timothee Makwamba, Milleno Timothee Ngoy, and Ngoie Glo-Glo Gloria.
  5. ERF 408, Northcliff extension 2 Township, also known as 227 Acacia Road, Northcliff, Johannesburg, Gauteng Province and registered in the name of Bokomo Bokondo; and
  6. Unit 2, Hokaai Sectional Scheme, 786 Arcadia Street, Pretoria, Gauteng Province registered in the names of Mr. Eustache Monga and Ms. Nkulu Julie Kilumba.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief