KYK: Brand verwoes 10 Buscor-busse

Lees ook :

Foto's en video's: SAPD

MPUMALANGA. – Die polisie het ’n ondersoek van stapel gestuur nadat 10 Buscor-busse in die vroeë oggendure by ’n busdepot in Barberton uitgebrand is.

Luidens ‘n verklaring deur brig. Donald Mdhluli het een bus volgens aanduidings omstreeks 01:00 aan die brand geraak. Veiligheidspersoneel het hulp en brandbestryding ontbied. Nog nege busse het aan die brand geraak. Die oorsaak van die brand is tans onbekend en vorm deel van ’n formele ondersoek. Die polisie sê geen moontlikhede kan in hierdie stadium uitgesluit word nie.

Enigiemand met relevante inligting word gevra om met die polisie in aanraking te kom.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief