GAUTENG. – Soltech het onlangs ‘n voetgangerbrug vir die veilighed van sy studente wat die besige Solomon Mahlangu-rylaan in die ooste van Pretoria na die kampus moet oorsteek, opgerig.
“Van geen brug (Vrydagmiddag) tot ‘n brug ‘n paar uur later (Saterdagoggend) wat met uiterse presisie oor die besige Solomon Mahlangu-rylaan staangemaak is. Kanton #Toekomsbouers,” is op sosiale media van Sol-Tech gedeel.
Nadat drie dele van die 12 ton-brug by die kampus aangekom het, is twee dele van die brug op sy voetstukke staan gemaak en die volgende oggend met 42 ton sement gevul. Die trappe is enkele dae later aangebring.
Die brug, wat danksy Kanton opgerig is verseker dat studente veilig van die koshuis tot op die kampus kan stap.







