JOHANNESBURG, GAUTENG. – Drie vragmotors was vroeër vandag op die R24 in die rigting van Johannesburg in ‘n ongeluk betrokke. Gevolglik sal die pad vir die res van die dag gesluit wees sodat opruiming kan plaasvind.
Na aanleiding van die foto’s wat op sosiale media geplaas is, het een van die vragmotors koeldrankkonsentraat vervoer.
Owerhede is op die toneel. Motoriste word aangemoedig om alternatiewe roetes te gebruik.
Die volgende beelmateriaal is op Twitter geplaas:
Update: 💥 *Crash* on R24 direction JHB 3 trucks involved.
— Road Angels SA (@Road_Angels_SA) March 20, 2024
⚠️ *NB* Highway will be closed for the rest of the day for recovery and clean up. Please use alternative routes.#Livetraffic
20/03/2024 12:15 pic.twitter.com/ltQseL6nnb
Bronne: Road Angels SA, Twitter





