OOS-KAAP. – Die Universiteit van Fort Hare (UFH) het Donderdagaand aangekondig dat alle bedrywighede op sy Alice- en Oos-Londen-kampusse met onmiddellike effek tydelik gestaak word. Die besluit is weens ’n toename in geweld, vernietiging en intimidasie wat met die jongste studenteprotes verband hou. Alle studente is opdrag gegee om universiteitsterreine teen Donderdag 17:00 te verlaat.
Die administratiewe gebou van UFH het onder protesaksiebrande deurgeloop.
🚨 University of Fort Hare Unrest – Buildings Set Alight, Classes Suspended 🚨
— Vehicle Trackers (@VehicleTracker8) October 8, 2025
Tensions flared at the University of Fort Hare (Alice Campus, Eastern Cape) where two buildings were set on fire amid ongoing student protests over issues related to governance, safety, and… pic.twitter.com/3obwkC7rYo
Fisiese akademiese aktiwiteite is met onmiddellike effek opgeskort, maar aanlyn onderrig kan voortgaan, soos deur die betrokke adjunkvisekanseliers bepaal sal word. Die universiteit sê hierdie stap is noodsaaklik om lewens en eiendom te beskerm. Terwyl studende die terrein moes verlaat, is internasionale studente versoek om die internasionale kantoor vir hulp met die ontruiming te help.
UFH het ‘n Bhisho-hooggeregshofbevel op 7 Oktober bekom. Die besluit om eerder die fasiliteit vir studente toe te maak, is geneem weens ’n toename in geweld, vernietiging en intimidasie wat met die jongste studenteprotes verband hou. Volgens die universiteit het die bevel onwettige optrede soos die afbrand van geboue, dreigemente teen personeel en studente, en die blokkering van toegang tot kampusse uitdruklik verbied.
Luidens ’n verklaring deur die universiteitsbestuur het dit geen ander keuse gehad as om die drastiese stap te neem nie. “Die voortgesette ontwrigting van universiteitsbedrywighede, dreigemente teen personeel en studente, asook die afbrand van minstens ses belangrike geboue, het ’n onhoudbare situasie geskep,” lui die verklaring.
Die universiteit het sy diepe teleurstelling uitgespreek dat die optrede van ’n klein groepie die veiligheid van die breër universiteitsgemeenskap in gevaar gestel het en die akademiese program ontwrig.
UFH sê verdere kennisgewings oor geleidelike heropening van kampusse sal uitgereik word, sodra dit as veilig beskou word. Intussen doen die bestuur ’n beroep op kalmte, selfbeheersing en samewerking van alle lede van die universiteitsgemeenskap.







