KYK: Jongste brandbestryders in Kaapstad

Lees ook :

Foto: Skermskoot van video Alderman JP Smith

WES-KAAP. – Kleuters het onlangs by die brandweer in Kaapstad gekuier.

Alderman JP Smith sê die wêreld se jongste brandbestryders het in Kaapstad gegradueer.

In die video hier bo kan gesien word hoe die kleingoed, sowel as brandbestryders, hulle terdeë geniet. Die kleuters, tussen 3 en 5 jaar, kon in die brandweerwa ry, self water na ‘n struktuur spuit en aan skuim vat.

Smith sê brandbestryders van 32 stasies leer kleuters reeds van ‘n jong ouderdom af op ‘n prettige manier oor brandveiligheid. Hulle word geleer wat om in tye van nood te doen, wie om te bel en die tegniek van “stop-drop-and-roll.”

Hierdie brandbestryders het die afgelope jaar meer as 400 aanbiedinge by organisasies, skole en kleuterskole gedoen.

Smith nooi belangstellendes wat graag ‘n brandweerstasie wil besoek om met hulle in kontak te kom.

Foto’s: Skermgrepe van video Alderman JP Smith

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief