KYK: Jongste brandbestryders in Kaapstad

Lees ook :

Foto: Skermskoot van video Alderman JP Smith

WES-KAAP. – Kleuters het onlangs by die brandweer in Kaapstad gekuier.

Alderman JP Smith sê die wêreld se jongste brandbestryders het in Kaapstad gegradueer.

In die video hier bo kan gesien word hoe die kleingoed, sowel as brandbestryders, hulle terdeë geniet. Die kleuters, tussen 3 en 5 jaar, kon in die brandweerwa ry, self water na ‘n struktuur spuit en aan skuim vat.

Smith sê brandbestryders van 32 stasies leer kleuters reeds van ‘n jong ouderdom af op ‘n prettige manier oor brandveiligheid. Hulle word geleer wat om in tye van nood te doen, wie om te bel en die tegniek van “stop-drop-and-roll.”

Hierdie brandbestryders het die afgelope jaar meer as 400 aanbiedinge by organisasies, skole en kleuterskole gedoen.

Smith nooi belangstellendes wat graag ‘n brandweerstasie wil besoek om met hulle in kontak te kom.

Foto’s: Skermgrepe van video Alderman JP Smith

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief