TAMPA, FLORIDA. – ’n Krokodil wat onder die wiel van ‘n vliegtuig op die aanloopbaan gerus het, het Woensdag ’n vlug op die Florida-lugmagbasis vertraag.
Volgens plaaslike inwoners is die krokodil deur ’n ander een, genaamd Elvis, uit hulle nabygeleë habitat verdryf.
Die krokodil is deur die Florida Fish & Wildlife Commission gevang en in die Hillsborough-rivier vrygelaat.
Die volgende video van die voorval is op sosiale media gedeel:
Gator just wanted to plane spot 😂✈️
— Breaking Aviation News & Videos (@aviationbrk) April 24, 2024
A large alligator made its way onto the ramp at MacDill Air Force Base in Florida where it had to be captured and taken away for release in a nearby river, officials said. pic.twitter.com/hsXKTRJJHc
Bronne: Fox 59, USA Today, X





