VSA. – Melany Juanita Viljoen (39) word tans deur immigrasie (ICE) by die Broward Transitional Center in die Verenigde State aangehou. Mel is op 10 Maart in Boca Raton in hegtenis geneem. Die Boca Raton Police Department, het deur sy openbare inligtingsbeampte Jessica Desir, die volledige liggaamskamera-beeldmateriaal van die inhegtenisneming aan Nuusflits beskikbaar gestel.
LEES OOK: Viljoen-egpaar in VSA deur immigrasie-owerhede ‘ICE’ aangehou
Die polisie beweer Mel was betrokke by ’n winkeldiefstal-skema by ’n Publix-supermark. Ondersoekers beweer die paartjie het ’n metode gebruik wat as “ticket switching” bekend staan – waar goedkoper strepieskodes vir duurder items geskandeer word sodat produkte teen ’n laer prys betaal of glad nie betaal word nie. Owerhede beweer kruideniersware ter waarde van meer as $5 300 is tydens die skema uit die winkel geneem. Mel het volgens polisie gesê sy was verantwoordelik vir die diefstal en dat haar man, Peet Viljoen, nie betrokke was nie. Sy het aangevoer dat sy in ’n “oorlewingsmodus” was omdat sy sedert haar aankoms in die VSA nie kon werk nie weens ’n gebrek aan ’n visum.
Mel het ook bekendheid verwerf het deur haar verskynings in die Suid-Afrikaanse realiteitsreeks The Real Housewives of Pretoria.





