VSA. – Peet Viljoen (57) word tans deur immigrasie (ICE) by die by Florida Soft Side South Detention Facility in die Verenigde State aangehou. Peet is op 10 Maart in Boca Raton in hegtenis geneem. Die Boca Raton Police Department, het deur sy openbare inligtingsbeampte Jessica Desir, die volledige liggaamskamera-beeldmateriaal van die inhegtenisneming aan Nuusflits beskikbaar gestel.
Nuusflits het vroeër berig dat Peet op 10 Maart 2026 in Boca Raton in hegtenis geneem is nadat polisie beweer het dat hy betrokke was by ’n winkeldiefstal-skema by ’n Publix-supermark. Volgens die polisie is Peet in hegtenis geneem tydens ’n verkeersstop nadat ’n swart 2016 Land Rover Range Rover wat met die voorvalle verbind is, voorgekeer is. Peet Viljoen het tydens ondervraging erken dat hy en sy vrou, Melany, op die videomateriaal in die winkel is, maar hy ontken dat hulle aan “ticket switching” deelgeneem het.
Die paartjie, wat ook bekendheid verwerf het deur hul verskynings in die Suid-Afrikaanse realiteitsreeks The Real Housewives of Pretoria, word daarvan beskuldig dat hulle oor sowat ses maande saam aan die beweerde skema deelgeneem het.
Hier is die video van Mel Viljoen wat in hegtenis geneem word.
Lees ook: Viljoen-egpaar in VSA deur immigrasie-owerhede ‘ICE’ aangehou





