KYK: Moordenaar van Caiphus Nyoka gevonnis

Lees ook :

Foto: NVG

GAUTENG. – Johan Marais (66), ‘n voormalige seksieleier van die Reaksie-eenheid 6 in Dunnotar, is ná sy skuldigbevinding aan die voorafbeplande moord op Caiphus Nyoka deur die Pretoria-hooggeregshof tot 15 jaar direkte gevangenisstraf gevonnis.

Lumka Mahanjana, NVG-woordvoerder, sê luidens ‘n verklaring Marais het op 24 Augustus 1987 saam met ander polisielede ’n plan uitgevoer om Nyoka, ’n studente-aktivis en leier van Cosas en Sayco, in sy huis te vermoor. Nyoka, wat by vriende geslaap het, is nege keer geskiet en op die toneel dood verklaar.

Marais het tydens vonnisbetoë aangevoer dat hy onder opdrag van die destydse apartheidsregering opgetree het en versoek dat hy weens sy ouderdom, gesondheid en berou onder korrektiewe toesig geplaas word. Die vervolgingspan het egter volgehou dat die moord genadeloos en vooraf beplan was, en dat Marais nooit werklik berou getoon het nie.

Regter Papi Mosopa het saamgestem dat Marais nie opregte berou getoon het nie en dat sy brief aan die familie slegs as ’n versagtende faktor bedoel was.

Die hof het hom gevolglik tot 15 jaar gevangenisstraf gevonnis. Volgens die NVG is hierdie uitspraak van groot betekenis, aangesien dit die eerste suksesvolle WVK-saak is wat in die hooggeregshof afgehandel is.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief