KYK: Polisie gryp in toe ouma nie aanrandingsaak teen kleinseun wil maak nie

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

WES-KAAP. – Die polisie het ingegryp en ‘n saak oopgemaak vir ‘n ouma wat in ‘n video wat op sosiale media gedeel word, deur haar kleinseun aangerand word. Die ouma wou nie ‘n saak maak nie.

Kol. Andrè Traut sê die Kraaifontein-polisie het die erns van die voorval besef met die video wat op sosiale media versprei word. Die voorval het ongeveer ‘n maand gelede gebeur en die polisie was op die toneel. Die familie het egter glo polisiehulp geweier en die saak self aangespreek. Die ouma was vir ‘n ander voorval in die hospitaal, waar die polisie haar gaan sien het. Sy het egter geweier om ‘n verklaring te maak. Die polisie het Woensdagaand ‘n dossier namens haar oopgemaak.

Die kleinseun (19) is gisteraand by sy huis in Wallacedene in hegtenis geneem.

Traut sê nadat hy aangekla is, sal hy in die Blue Downs-landdroshof verskyn.

“Misdade teen vroue en kinders is boaan die SAPD se prioriteitslys, en ons sal nie ons oë sluit vir enige vorm van geweld in hierdie verband nie.”


Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief