Kyk: Tiener reik Afrikaanse enkelsnit uit

Wie ek is, is haar oorspronklik lied wat sy geskryf het om haar identiteit te vind. Volgens haar word die somtotaal van die hele

Jade Nova se eerste enkelsnit is op verskeie platforms beskikbaar. Foto's: HS Centurion en Facebook

CENTURION, GAUTENG. – Jade Nova, ’n leerling aan Hoërskool Centurion, het verlede Sondag 4 Februarie op haar 17de verjaardag haar eerste enkelsnit Wie ek is bekendgestel.

Nova het in Oktober 2023 ’n fondsinsameling in hulle skoolsaal gehou voordat sy die einde van die jaar na Kaapstad is om die lied op te neem. Werner Beukes, musiekvervaardiger, het haar met die opname gehelp.

Sy wou van kleintyd af al ’n sangeres word. Haar deurbraak het gekom toe sy Angie Bouwer as ’n stemafrigter gekry het.

Wie ek is is haar oorspronklike lied wat sy geskryf het om haar identiteit te vind. Volgens haar word die somtotaal van die hele tienerwees-ervaring in die lied vasgevang.

Volg die skakel om na haar enkelsnit te luister:    https://orcd.co/wie-ek-is

Kyk en luister ook hier:

Bronne: Pretoria Rekord, Hoërskool Centurion Facebook-blad, YouTube

Verhoor van wapenhanteerder op filmstel begin

Reekstransitorowers tot lewenslank en ‘n verdere 216 jaar tronk toe gestuur

Onwettige goudmyn sak inmekaar in Venezuela, dosyne moontlik dood

DA Manifesto

SA-regters uit hulle poste verwyder

Youtuber kry 30 jaar tronkstraf vir kindermishandeling

Liggame van soldate oorlede in Kongo terug in Suid-Afrika

[psac_post_carousel slide_show="3" category="2888"]