Video’s in berig
KWAZULU-NATAL. – Die bestuurder van ‘n vragmotor het gisteroggend in ‘n blok woonstelle in Ridgeview Cato Manor in Durban ingery. Hy is tydens die ongeluk beseer.
Garrith Jamieson van ALS Paramedics sê chaos is op die toneel gevind na die vragmotor onverklaarbaar op ‘n kruising beheer verloor het. Die vragmotor is deur ‘n palissade en in ‘n blok woonstelle in.
Terwyl die bestuurder deur gevorderde lewensondersteunende paramedici gestabiliseer is, is hy met behulp van reddingskake uit die wrak losgesny.
Die beseerde is vir verdere mediese hulp na ‘n hospitaal vervoer.
Die ongeluk word deur die polisie ondersoek.
Bron: ALS Paramedics
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel





