KYK: Waarskuwing – een slaggat, baie skade

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

‘n Slaggat op die N1 tussen Kroonstad en die Vaal-tolhek het motoriste wat in die donker en in die reën niksvermoedend daardeur gery het, aansienlike skade laat ly.

Dr. Dirk Hermann, die bestuurshoof van Solidariteit, sê sy dogter is een van die jongste slagoffers en hy waarsku ander motoriste om versigtig te wees. Hermann het ‘n band van Pretoria af tot by sy dogter geneem en in die kort tydjie wat hy daar was, elf motoriste teëgekom wat dieselfde lot getref het.

“My dogter-hulle het ‘n slaggat, in gietende reën, op die N1 tussen Kroonstad en die Vaal-tolhek getref. Twee wiele afgeskryf. Ek het nou wiel van Pretoria af gebring. Hier staan 11 karre, met pap bande, wat die reuse slaggat getref het. Hier moes al vele meer gewees het en gaan nog wees. Die minste wat ons wil hê vir die duur tolgeld, wat ek nou weer moet betaal, is ‘n pad sonder gate. Wees bitter versigtig as jy die pad ry.”

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief