Lang gevangenisstraf nadat boer met kookwater gebrand is

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

OOS-KAAP. – Odwa Dyabana (26), Luthando Ngangelizwe (29) en Siseko Qhayiso (31) is deur die Oos-Londen-hooggeregshof vir hulle betrokkenhuis by ‘n gewelddadige plaasaanval op die plaas Lorain in Bluewater op 20 Februarie 2024 gevonnis. Die beskuldigdes wat verlede jaar ‘n plaaseienaar oorrompel, gemartel, vasgebind en met kookwater gebrand het, is vandag in die hooggsregshof in Oos-Londen skuldig bevind.

Luxolo Tyali, NVG-woordvoerder, sê in ‘n verklaring aan Nuusflits die drie is aan ontvoering, roof met verswarende omstandighede, poging tot moord en verskeie vuurwapenverwante oortredings skuldig bevind. Al drie beskuldigdes het onskuldig gepleit. Andile Nohiya, die senior staatsaanklaer, het die vervolging gelei en oorweldigende getuienis aangebied wat tot die skuldigbevinding gelei het. Tydens die vonnisverrigtinge het hy aangevoer dat die misdade vooraf beplan, uiters gewelddadig was en ernstige sielkundige en finansiële skade aan die slagoffers en die breër plaasgemeenskap berokken het.

Ngangelizwe en Qhayiso is elk tot 25 jaar effektiewe tronkstraf gevonnis. Dyabana is 30 jaar tronkstraf opgelê, aangesien hy addisioneel vir strafbare manslag en roekelose bestuur gevonnis is. Al drie is onbevoeg verklaar om vuurwapens te besit.

Barry Madolo, die direkteur van openbare vervolging, het die vonnis verwelkom.

Lees meer oor die aanval hier onder:

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by nuus@nuusflits.com

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief