Leerlinge geskors wat vir ‘aanranding’ gearresteer is

Lees ook :

Foto's: Brig. Athlenda Mathe X

GAUTENG. – Al die leerlinge wat na bewering op 10 Mei ‘n medeleerling van Hoërskool Bedfordview in Yeoville, Johannesburg, aangerand het, is intussen deur hul onderskeie skole geskors. Die Gautengse departement van onderwys (GDE) het die voorval veroordeel.

Steve Mabona, woordvoerder vir die onderwysdepartement, sê die slagoffer het die voorval op 12 Mei by die skool aangemeld en beweer dat die groepaanval in ‘n huis in Yeoville plaasgevind het. ’n Video van die voorval is intussen op sosiale media versprei. Die betrokke leerlinge sluit vier van Hoërskool Bedfordview in – drie gr. 8-leerlinge en een gr. 9-leerling – asook een gr. 9-leerling van Hoërskool Queens, een gr. 8-leerling van Hoërskool Kensington en een gr. 10-leerling van Phoenix-kollege. Al die leerlinge wat geskors is, het Maandag op aanklagte van gewone aanranding in die Johannesburg-landdroshof voorgekom.

Mabona bevestig al die leerlinge wat geskors is, het Maandag op ‘n aanklag van gewone aanranding in die Johannesburg-landdroshof verskyn. Die onderskeie skole het ook dissiplinêre ondersoeke begin. Psigososiale ondersteuning word aan alle betrokke leerlinge, insluitend die slagoffer, deur die departement gebied. Die departement doen ‘n beroep op ouers en voogde om ‘n aktiewe rol in die vorming van hul kinders se waardes en gedrag te speel en beklemtoon dat die bou van ‘n nie-gewelddadige samelewing by die huis begin.

“Die GDE veroordeel enige vorm van geweld onder leerlinge. Sulke gedrag sal ernstige gevolge hê. Ouers moet hand aan hand met skole en die departement werk om dissipline, empatie en aanspreeklikheid by leerders te plant.”

Leerlinge word aangemoedig om teen boeliegedrag en enige vorm van geweld op te staan, hetsy dit teen hulself of ander gerig is. Volgens die departement beskerm stilte slegs die oortreder, wat tot verdere wangedrag kan lei. Voorvalle kan by ‘n betroubare onderwyser, skoolleierskap, ouers of die naaste GDE-distrikskantoor aangemeld word. Gratis bykomende ondersteuning kan by die South African Depression and Anxiety Group (SADAG) by 0800 567 567, of Childline South Africa by 116, wat albei 24 uur per dag beskikbaar is, verkry word. Gevalle van boelie of geweld kan ook direk deur WhatsApp by 060 891 0361 of by die departement se kontaksentrum by 0800 000 789 aangemeld word.

“Saam kan ons skole skep wat veilig, respekvol en bemagtigend is vir elke leerling.”

Lees ook meer hier onder:

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief