Tieners in hof vir bewerings van aanranding

Lees ook :

Foto's: Brig. Athlenda Mathe X

GAUTENG. – Sewe tieners wat daarvan beskuldig word dat hulle ’n ander tiener aangerand het, het Maandag vir ‘n voorlopige ondersoek, soos deur die Kinderwet bepaal, in die Johannesburg-landdroshof verskyn. Die saak hou verband met ‘n voorval in Yeoville op 10 Mei toe ’n tienermeisie (14) na bewering deur die groep tieners tydens ‘n woordewisseling aangerand is.

Die wet vereis ’n voorlopige ondersoek moet binne 48 uur na die inhegtenisneming van ’n minderjarige gedoen word, die doel waarvan onder andere is om ‘n kind wat in konflik met die wet is se persoonlike omstandighede, agtergrond en enige faktore wat moontlik tot die beweerde misdryf gelei het, te bepaal.

Phindi Mjonondwane, streekwoordvoerder vir die nasionale vervolgingseenheid (NVG), sê die saak is vir die finalisering van die voorlopige ondersoek tot 21 Mei uitgestel. Twee van die minderjariges het reeds die nodige assessering deur proefbeamptes ondergaan.

“Die NVG veroordeel die beweerde aanval en moedig die jeug aan om gesamentlik maniere te vind om konflik op te los.”

Lees meer hier onder:

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief