Lewenslange tronkstraf vir 101-jarige se verkragting

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

LIMPOPO. – Mahlangu Johannes Abram (28) is vir die verkragting van ‘n 101-jarige vrou in Zaaiplaas tot lewenslange tronkstraf gevonnis. Hy het ook ’n bykomende drie jaar tronkstraf vir huisbraak gekry. Die beskuldigde is deur DNS-bewyse aan die misdaad gekoppel.

Kol. Malesela Ledwaba, polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring die misdaad is op 26 Julie 2024 gepleeg toe Abram omstreeks 05:00 by die bejaarde slagoffer se huis ingebreek, haar oorweldig en verkrag het. Hy het daarna deur ’n venster gevlug. Die vrou het onmiddellik hulp ontbied. Haar neef het die verdagte agternagesit.

Speur.AO Victoria Phala van Groblersdal-GKS se deeglike ondersoekwerk het die beskuldigde geïdentifiseer, waarna hy in hegtenis geneem is.

Lt.genl. Thembi Hadebe, die provinsiale polisiekommissaris, het die vonnis verwelkom en gesê dit wys dat misdade teen bejaardes met die uiterste erns hanteer sal word.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief