Lewenslange tronkstraf vir voormalige onderwyser wat twee seuns verkrag

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

KWAZULU-NATAL. – Patrick Bheki Nkosi (60) is deur die Vryheid-streekhof twee keer lewenslange tronkstraf vir die verkragting van twee seuns, onderskeidelik vier en vyf jaar oud, opgelê.

Kol. Robert Netshiunda sê Nkosi is op 4 Septemer gevonnis nadat hy op die aanklagte van verkragting skuldig bevind is. Hy was ‘n onderwyser by die skool van sy slagoffers.

Op die aand van 11 Julie 2019 is die seuns na ‘n nabygeleë winkel gestuur. Die verkragter het hulle in sy huis ingeroep en beide verkrag. Na die verkragting het Nkosi R2 aan die seuns gegee en beveel om dit aan niemand te vertel nie. Nadat een van die seuns oor pyn gekla het, het sy ma onraad gemerk. Hy het vir sy ma van die verkragting vertel en sy het ‘n saak by die polisie oopgemaak.

Netshiunda sê die verkragter is vinnig vasgetrek.

“Die man het tot die dag van sy vonnisoplegging in aanhouding gebly.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief