Liggaam gevind – vermoedelik dié van Reuben Marsberg

Lees ook :

Foto: Virginia Marsberg

LIMPOPO. – Die liggaam van ’n man is in Makhado gevind, maar kan weens die gevorderde stadium van ontbinding nie positief geïdentifiseer word nie. Dit is vermoedelik die liggaam van Reuben Marsberg.

Polisiewoordvoerder, brig. Hlulani Mashaba, sê aan Nuusflits die liggaam is ontdek en dat verdere ontleding nodig is om die identiteit te bevestig.

Mike Bolhuis van Specialises Security Services bevestig die liggaam van Reuben Marsburg (22) is Vrydag, 12 Desember, gevind nadat hy op 26 November spoorloos verdwyn het. Bolhuis sê die organisasie betuig sy simpatie met die Marsburg-gesin en vriende. Hy doen voorts ‘n beroep op die publiek en media om die familie die nodige privaatheid en ruimte te gun terwyl hulle treur.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief