WES-KAAP. – Die liggaam van ‘n man is Maandag deur owerhede in Sedgefield gekry. Dit is vermoedelik die liggaam van ‘n swemmer (20) wat Saterdag in die see vermis geraak het terwyl hy saam met vriende geswem het.
Jonathan Britton, die stasiebevelvoerder van NSRI in Wildernis, sê die diensbemanning is omstreeks 19:20 vir die verdrinking van ‘n Oos-Kaapse man geaktiveer. Die verdrinking het in Sedgefield tussen Myolistrand en die Swartvleiriviermond plaasgevind toe die man in ‘n stroom vasgevang is. Alle rolspelers is ontbied en ‘n soektog is geloods.
Die polisie het ‘n geregtelike doodsondersoek geopen.





