GAUTENG. – Die liggaam van ‘n man is Sondag uit ‘n sement-waterkanaal in Sharpeville gehaal.
AO Martin Seaman sê polisielede van Sedibeng se waterpolisie-en-duikeenheid is na die toneel langs die R59-hoofweg ontbied. Lede moes van reddingstoerusting gebruik maak om die liggaam van die man uit die waterkanaal te haal. Die identiteit van die man is nie bekend nie en die liggaam is aan Sharpeville-speurtak oorhandig.
Seaman sê die liggaam is deurspek met steekwonde.
Die ondersoek duur voort en enigiemand met inligting word gevra om na vore te kom om die polisie met hulle ondersoek by te staan.