KWAZULU-NATAL. – Die liggaam van die 5-jarige seun van Umlazi wat glo Dinsdag ontvoer is, is Donderdag in ‘n kombers, drywend in ‘n rivier, gekry. ‘n Vrou (39) is deur die polisie in hegtenis geneem.
Kol. Robert Netshiunda, polisiewoordvoerder, sê aan Nuusflits die verdagte, die buurvrou van gesin, het na die Riesdale-gebied in Umzimkhulu gevlug. Sy is gesoek en Woensdag deur die polisie vasgetrek. Die ondersoek het die polisie na die rivier te Q-seksie in Umlazi gelei waar die kind se liggaam gevind is.
Die motief vir die ontvoering, afpersing en uiteindelike moord op die kind vorm deel van die polisie se ondersoek.





