LIMPOPO. – Die lewelose liggame van ‘n ma (35) en haar dogter (6) is Dinsdagoggend by hulle huis in die Mohlaletse-woonbuurt in die Apel-polisiëringsarea gevind.
Kol. Malesela Ledwaba sê die liggaam van die vrou het agter die huis gehang en die dogter se liggaam is op ‘n bed gevind. Beide is dood verklaar.
Die polisie het ‘n moord- en geregtelike doodsondersoek geregistreer. Alhoewel die omstandighede onbekend is, duur die polisie se ondersoek voort.
Die oorledenes se identiteite sal weldra bekendgemaak word.





