GAUTENG. – Michael Harry Lomas (77) se borgaansoek is vir sy prokureur se herondersoek tot 14 Februarie 2025 uitgestel.
Henry Mamothame, woordvoerder vir IDAC (Investigating Directorate Against Corruption) van die NVG, sê die staat se kruisondervraging is voltooi en sal sy saak ter opponering van die borgaansoek voorlê nadat sy prokureur se herondersoek gedoen is. Lomas en nog 11 ander beskuldigdes staan op 65 aanklagte van R1.4 biljoen se korrupsie tereg. Die geld was bedoel vir die konstruksie van Eskom se Kusile-kragstasie in Mpumalanga.
Lees meer hier: