Brekende Nuus
Afrikaans

Lugmag-vliegtuigdeur op plaas gekry

Fotokrediet: Defence Web
Fotokrediet: Defence Web

Die passasiersdeur van ‘n King Air-vliegtuig van die Suid-Afrikaanse Lugmag wat soek was nadat dit op 11 April midde-in ‘n vlug in die Lanseria-omgewing uitgeval het, is gekry.

Prince Tshabalala van die SANW sê die deur is op ‘n plaas noord van Lanseria opgespoor en na die Waterkloof-lugmagbasis geneem. Die plek waar die deur geval het, is geïnspekteer en geen infrastruktuur-beskadiging of lewensverlies is op die plaas aangemeld nie.

Die insident word ondersoek.

Volgens Defence Web was die vliegtuig op ‘n instandhoudingsvlug.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]