Ma en dogter van Noordwes veilig opgespoor

Lees ook :

Foto: SAPD

NOORDWES. – Carmen Noble (41) en haar dogter, Chailynn van Rensburg (14), is Saterdagmiddag opgespoor.

Kol. Adéle Myburgh sê die ma en dogter is veilig en ongedeerd.

Die ma en dogter wat gesoek was, is volgens Myburgh met die hulp van die media gevind.

Nuusflits het voorheen soos volg berig:

Die Potchefstroom-polisie vra die gemeenskap se hulp om Carmen Noble (41) en haar dogter, Chailynn van Rensburg (14), van Jeugdstraat in Potchefstroom, op te spoor.

Kol. Adéle Myburgh sê die tienermeisie se pa werk oorsee en met sy terugkeer in Suid-Afrika was hulle nie by bogenoemde adres te vind nie.

‘n Soektog en ondersoek na waar die ma en dogter moontlik kan wees, is sonder sukses geloods.

Noble, wat klein gebou is, is lig van gelaat en is 1.62 meter lank. Sy het blou oë en haar swart hare is in ‘n bob-haarstyl gesny. Die dogter het bruin oë en dra ‘n bril, sy is ook klein gebou en lig van gelaat. Haar lengte is 1.63 meter en haar donkerbruin hare is ook in ‘n bob-haarstyl gesny.

Enigiemand met inligting oor waar die ma en dogter hulle bevind, kan sers. Dikeledi Mokoena of kapt. Frans van Rensburg by 082 411 2571 bel.