LIMPOPO. – Mamaila Moloi Matele (69) is Dinsdag doodgemaak en haar liggaam in ‘n kruiwa gestoot. Haar seun (42) is deur die Sekgosese-polisie op aanklag van moord in hegtenis geneem.
Brig. Hlulani Mashaba sê bure van die verdagte het gehoor hoe hy op sy ma skree. Hy het een omstreeks 06:30 geroep om te kom kyk wat hy in ‘n kruiwa stoot. Dit was die lewelose liggaam van sy ma in ‘n staalbad. Lede van die gemeenskap het die seun daarna aangeval.
Die polisie is ontbied en het die liggaam van die vrou in ‘n kombers in ‘n staalbad gevind. Nooddienste het haar dood verklaar.
Die verdagte is van die gemeenskap gered, vir moord in hegtenis geneem en na ‘n hospitaal geneem waar hy onder polisiebewaking behandel word. Hy sal op aanklag van moord in die Tiyani-landdroshof verskyn.
Mashaba sê die moord word ondersoek.





