Ma van omstrede Mej. Nigerië steeds in Pollsmoor

Lees ook :

Chidimma Adetshina
Foto: Instagram

WES-KAAP. – Anabela Rungo, Chidimma Adetshina se ma, is steeds in Pollsmoor-gevangenis in aanhouding nadat sy verlede Saterdag gearresteer is. Adetshina het in 2024 aan Mej. SA deelgeneem en onttrek toe Rungo se nasionaliteit bevraagteken is, waarna sy as Mej. Nigerië gekroon is.

Eric Ntabazalila, woordvoerder vir die NVG, sê die saak teen Rungo is vir argumente van haar borgaansoek tot 26 Februarie uitgestel. Ntabazalila sê beide die staat en die verdediging sal betooghoofde vir die borgaansoek by die hof indien. Rungi het Vrydag in die Kaapstad-landdroshof verskyn waar sy op aanklagte vir die oortreding van die immigrasiewet, sowel as die identifikasiewet, teregstaan.

Rungo is deur die departement van binnelandse sake in hegtenis geneem nadat Rujngo se SA-dokumentasie in September 2024 teruggetrek is, omdat dit glo op ‘n bedrieglike manier verkry is. Mej. Nigerië se minderjarige kind het by Rungo in Kaapstad gebly. ‘n Ondersoek word ook deur die Valke gedoen.

Lees meer hier onder:

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief