Ma wat glo 2-jarige verkoop, laat vaar borg

Lees ook :

GAUTENG. – Die vrou (32) van Vanderbijlpark wat daarvan beskuldig word dat sy haar 2-jarige seun verkoop het, het haar borgaansoek in ‘n saak van mensehandel en sameswering tot roof in die hof laat vaar.

Lumka Mahanjana, woordvoerder vir die NVG, sê die ma het na bewering haar seun op 10 November verkoop en op 13 November ‘n ontvoeringsaak oopgemaak. Die polisie het teenstrydighede agtergekom, waarna die ma erken het die ontvoering is gefabriseer. Sy is op 19 November gearresteer. Die saak is tot 27 Januarie 2025 uitgestel. Die ma bly in aanhouding.

Die tweejarige, asook verdagtes, word steeds gesoek.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief