GAUTENG. – Die vrou (32) van Vanderbijlpark wat daarvan beskuldig word dat sy haar 2-jarige seun verkoop het, het haar borgaansoek in ‘n saak van mensehandel en sameswering tot roof in die hof laat vaar.

Lumka Mahanjana, woordvoerder vir die NVG, sê die ma het na bewering haar seun op 10 November verkoop en op 13 November ‘n ontvoeringsaak oopgemaak. Die polisie het teenstrydighede agtergekom, waarna die ma erken het die ontvoering is gefabriseer. Sy is op 19 November gearresteer. Die saak is tot 27 Januarie 2025 uitgestel. Die ma bly in aanhouding.
Die tweejarige, asook verdagtes, word steeds gesoek.