Madeleine McCann – verdagte se e-posse ‘verbind hom aan haar verdwyning’

Lees ook :

Madeleine McCann verdagte se e-posse ‘verbind hom aan haar verdwyning’
Madeleine McCann verdagte se e-posse ‘verbind hom aan haar verdwyning’ fotokrediet: Wikipedia

Lees ook: Items tydens Madeleine McCann-ondersoek in Portugese reservoir gevind

DUITSLAND. – Die hoofverdagte in die verdwyning van Madeleine McCann, Christian Brueckner, se e-posse het hom glo aan haar verdwyning verbind.

Brueckner, wat in 2020 as ‘n verdagte in  haar verdwyning geïdentifiseer is, word tans vir onverwante seksuele misdrywe verhoor. Hy het voorheen ontken dat hy betrokke is by haar verdwyning.

Volgens Duitse ondersoekers het hulle op ‘n e-posrekening wat aan Brueckner behoort, afgekom wat hom aan haar verdwyning verbind. In die e-posse het hy glo video’s van kindermishandeling aan pedofiele gestuur. Daar was glo e-posse waarin Brueckner van die “moord” van Maddie gepraat het.

Brueckner het glo die e-posse probeer uitwis omtrent dieselfde tyd wat Maddie verdwyn het.

Maddie het in 2007 in Portugal weggeraak en is nooit gevind nie.

Bronne: Mirror, Evening Standard, Mail Online

Lees ook: Items tydens Madeleine McCann-ondersoek in Portugese reservoir gevind

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief