KRUGERSDORP. – ‘n Man (37) verskyn Maandag in die Krugersdorp-landdroshof op aanklag van die besit van leeubeendere ter waarde van R2,3 miljoen.
Dié man is tydens ‘n klopjag wat Vrydag plaasgevind het, in hegtenis geneem, na die Valke inligting ontvang het dat hy die beendere by sy huis in Wentworth Park het.

Kapt. Ndivhuwo Mulamu, woordvoerder vir die Valke, sê die ondersoek dui daarop dat die man se permitte om die beendere te besit en te vervoer in 2016 en in 2020 verval het.
Mulamu sê ook die beendere is tydens die klopjag in bokse in die man se motorhuis en in ‘n weggesteekte laboratorium op die perseel gevind.
“Die beendere was reeds in sakke verpak, gereed om na ‘n onbekende bestemming te neem,” sê Mulamu.
Lees ook: Vrou skud 100 kg af en “is nog nie klaar nie”