Man fnuik dood toe metaal sy skedel binnedring

Lees ook :

Foto: Emer-G-Med

DONKERHOEK. GAUTENG. – ‘n Man, vermoedelik in sy 50’s, is Woensdagaand kritiek beseer toe sy bakkie tydens ‘n ongeluk op die R104 Donkerhoek teen ‘n wal af is en metaal sy skedel deurboor het.

Emer-G-Med, wat na die ongelukstoneel ontbied is, sê twee voertuie het mekaar reg van voor in ‘n hoëspoedongeluk getref. Die voertuie het na impak beheer verloor en is teen ‘n wal af.

Met aankoms op die toneel is gevind ‘n man se skedel is deur ‘n stuk metaal van ‘n voertuig binnegedring. Hy is gestabiliseer voordat die brandweer die stuk metaal met hidrouliese toerusting korter gemaak het om hom uit die wrak te bevry.

Die beseerde man is daarna met behulp van ‘n Netcare-lugambulans na ‘n hospitaal gevlieg.

Die bestuurder van die ander voertuig is vir geringe beserings behandel.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief